
Dr Willie Cloete
Afrika Prehistorika is in 2021 deur Dr Willie Cloete gestig, met die doel om bewustheid van prehisoriese diere wat voorkom in Afrika, en spesifiek Suid-Afrika te bevorder. Die wêreld is baie bekend met die “Hollywood dinosaurs” soos Tyrannosaurus en Velociraptor, maar dalk minder bekend met ander indrukwekkende dinosaurs en prehistoriese diere wat op die Afrika kontinent gevind is en vandag gevind word. Die praatjies wat deur Dr Willie aangebied word, gee skoolleerders regoor die land die geleentheid om van die indrukwekkende diere te leer!